Total Pageviews

Saturday, January 7, 2012

Die Slag van Zebula


Die Slag van Zebula
© 2012 VDS Brink
(Die name van die skuldiges is effens verander)

So 3 jaar gelede gebeur die ergste...daai gewone Vrydagaand noodoproep: “Ons het die sessie vir ons kliënte en nou het ons gasspreker kop uitgetrek, ek hoor jy doen sulke goed, kan jy ons help?” vra Carel die bedryfsbestuurder by Premier Funeral Assurers Pty Ltd.
“Annie moes dit doen en nou is sy inderhaas Windhoek toe en my baas wil nou my ophang.”
“Wie is die gehoor?” vra ek.
“Ons grootste kliënte, Mellet’s  Begrafnis Ondernemers en jy moet hulle op die middag van Woensdag  5 November vanaf twee uur tot vier kom motiveer...”
“Maar ek doen dit nie, ek fokus op besigheid,” protesteer ek.
“Asseblief tog, hulle gaan my fire, jy moet my help.” pleit hy.
“Ok, Carel, ek skryf nou vir jou ‘n voorstel en dan, maar ek doen niks voor nie van jou hoor nie.” dreig ek na vele wonde van die verlede. Ek skryf ‘n Memo van Verstandhouding. Dag, tyd en plek presies gedefineer. Vat ‘n kans en sit die vet som van R15000 onderaan as my fooi. Dis iedergeval tipies wat Annie sou vra.
Saterdag  en Sondag kom en gaan. Ek skryf hulle af, maar Maandag 12 uur bel hy met ‘n lang storie.
“Maar Carel, is dit nou aan?” vra ek.
“Natuurlik, hoekom vra jy nog!”
Later daardie middag bel hy weer:  “Jy is hopeloos te duur ons kan dit nie betaal nie.” vat hy ‘n kans.
“Jammer ou, ek ry nie 360 kilometer  vir peanuts nie, “ wetende sy kop is op die blok.
“Dis nie ons skuld dat jy met so ‘n duur kar ry nie, maar ok dan. My baas gaan baie ongelukkig wees hiermee.”
Ek spring aan die werk met die hart van my storie uit die artikel, “The Business of Death” van oorlede Maverick Magazine.
Dinsdag die 4e breek aan. Ek is in Sandton met my Discovery projek besig. Die foon lui net toe ek deur Midrand terug ry...: “Is jy al op pad?”‘ wil hy weet.
“Maar dis eers môre, dit staan dan duidelik so in my MOU!” protesteer ek wetende dat die meneer nooit geleer het hoe om te lees nie.
“Dis nou, asseblief... jaaaag!” smeek hy.
Ek draai in by my huis in Pretoria, Google gou waar Zebula is om tot my skok te sien dis ver ander kant Warmbad, 180 kilometer van hier boendoes in.
Gooi als in die kar, Maverick oop op die sitplek langs my, stel die kar op 145 km/u en slaan die N1 met my oog op my eksentrieke bonnet embleem, ‘n tier, as riglyn na die Noorde.

Deur Warmbad, elke robot ‘n genade, gee my kans om verder deur Maverick te lees. 50 km verder draai in by Zebula, nou hier is dit grênd, baie grênd. Die ouens wat hier uithang ken en weet van. Hartseer egter is dat die beeldskone Bosveld deur ‘n golfbaan en aanloopbaan geskik vir ‘n 747 verniel is.
Ek stop presies 2 minute voor twee by die klubhuis. Carel stap heen en weer. Hy het ‘n wit loshangende  Pringle aan met ‘n dik goue ketting om dit af te rond.
“Gee my net 5 minute om my hare te kam, “  vra ek.
“Ok, maar waar is jou memory stick solank?” wil hy weet.
“Ek het nie een nie,” en sy moed sak verder in sy skoene.
Hy stel my voor aan Walter, sy baas. Die groet my sonder om eens oogkontak te maak en kyk na my tone soos iets wat my Siamese kat aangedra het.
Daar is so ‘n saaltjie. Hulle sit daar omtrent 50 van hulle, 45 jaar oue Afrikaanse mans. Walter op die een punt, Carel so ver moontlik van hom af en in die middel meneer Pretorius, Mellet Pretorius, die stigter eienaar van Mellet Begrafnis Dienste Franchising CC.
Hulle het sulke sagte oë, almal glimlag mooi vir my toe Carel my met swier voorstel: “Hy het toe die grade dit en dat met onderskeiding aan .. waarnaas hy...bla bla bla "
Walter hou homself besig deur op sy Blackberry te vee en maak hom reg om vandag van Carel ‘n fool te maak.
As ou hand in die aanbiedingsbedryf laat ek my nie deur sulke outjies intimideer nie. Trek weg met ‘n aanhaling, spot met myself wat soos Mr Bean lyk, almal lag te lekker, stel die Nominal Group tegniek voor en tot hulle verbasing laat ek hulle al die werk doen.
Vertel hulle van Baby Boomers en demografiese skuiwe van ouer wordende mense en waar ek dink die volgende oeslande vir hulle sal wees. Die Suidkaap natuurlik boaan die trefferslys.
Hulle is verbaas wat hul als moet hoor, netjies geneem uit Maverick en hulle dink ek is baie slim. “If can not make it, then fake it!” bly immers my leuse.
Ons vat ‘n rookbreek, kom bymekaar breek in groepies, deel ons notas lag lekker en almal, behalwe Walter wie se naam nou g%^&t is, is vredig. Meneer Pretorius smee ‘n verwantskap en almal is gelukkig. Ek gesels met hulle. Een en dieselfde storie: “Ek  was net 35, my oudste dogtertjie in graad 3, toe fire hulle my mos. Toe vat ek my pakketgeldjie en koop ‘n franchise by Mellet. Ek kyk nie terug nie.”
Almal was in die staatsdiens, stadsrade of semistaat in een of ander menslike hulpbronne department. Selfs polisiemanne en twee dominees..
Ek stap deur die parkeerterrein. SLKs, 7 reekse, E klasse, Prados en selfs om dit alles te kroon; 3 Cheyennes!
Stel die kar op ‘n matige 85 km/u en ry rustig deur ‘n Hoëveldse donderstorm terug en verwonder my oor die lewe. Was dit nou alles nodig, kon hulle nie maar gelees het nie?
 En my gehoor?... hulle verdien dit. Die mense doen werk wat ek en jy nie kan of wil doen nie, hulle het uitgestyg bo hulself en maak reuse sukses daarvan...
Die lewe is mooi!

1 comment:

  1. VDS - dis puik - ek het dit baie geniet en kan jou net 'picture' - daar in Zebula se klubhuis!! Ons geniet ons wegbreke BAIE daar... gebruik self die aanloopbaan.. en die ghlofbaan BAIE!!
    Baie groete en moi 2012 vir julle!
    Wilma

    ReplyDelete