Total Pageviews

Tuesday, August 23, 2011

Krieket in die Counties

(Aangepas uit 'n ou legende)

Toe speel die Engelse mos een Saterdag oggend in November County krieket. Glamorgan teen Ayrshire.. almal is vredig, die Airedaleterriers en Yorkies lê en slaap aan die voete van hulle base en kry af en toe ‘n welkome stukkie melktert. 

     Die gehoor is geklee met navyblou baadjies met blink knope verder versier met Public School Old Boys dasse en die dames natuurlik met wit hoede. Hulle sit in die klein Grênd Stand en almal is important want hulle chauffeurs het hulle 3 ure gelede vanuit  effe verslete ‘01 XJ’s afgelaai. Die drywers staan nou geduldig buite, voete op die tyres en bumpers, skinderend van hulle base, rokend aan Dunhills gesteel van bogenoemde werkgewers.

     Dis ‘n 4 daagse wedstryd en die kolfwerk vorder stadig maar seker. John P Ainsbury kom van New York. Die man is welgesteld, woon aan die oostekant van Central Park en leef ‘n 23 uur gejaagde dag. Teen sy sin hierheen gesleep deur sy vennoot se skoonpa, Peter Bowen-Adams Esq. Ter wille van die betrekkinge moet hy die nagmerrie deur sit. Hy verwyl dit skelm deur in sy binnesak op sy iPhone IV te sit en vee.

   Dis 12:45, die son staan stil, en toe gebeur die onverwagte...met slegs 18 lopies op die telbord besluit Andrew Tiller, die openingskolwer, die glans is nou van die bal af en hy haak af en tot almal se verbasing (die meeste sy eie..) seil die bal moeiteloos oor die bybreek grens.

     Die Grênd Stand verstik in hul flou tee, kom op hulle voete om stadig, baie stadig vir Andrew die applous te gee wat hom toe kom.

John P kyk gesteurd op vanaf sy iPhone..”What happened?”, vra hy verbaas, “Did the game begin?”

No comments:

Post a Comment