(Aangepas uit 'n ou bekende namakwalandse legende)
Dis ‘n troostelose Augustus middag. Die wind huil vanaf die see, daar is nie ‘n wolkie in sig nie, die laaste dominee is lankal vort na vrugbaarder weivelde en niemand sal eers daaraan dink om die beroep aanneem nie...
Tannie Susara het haar hoof neergelê op 83 na ‘n lang bedlêende siekbed. Die Here het gegee en die Here het geneem..Die gemeenskappie vergader rondom die oop graf en Oom Johannes Nieuwoudt staan met die geopende Woord en lees vir 55 minute.... alles oor 40 jaar se trek en bitterlikke swaarkry deur die woestyn onder leiding van Moses...
Hy doen hy ‘n hartroerende gebed en die naasbestaandes met die Tannie se kleinkinders vooraan, strooi elkeen ‘n handvol grondjies op die Kis.
Hy vra die gemeentetjie en naasbestaandes om vir laas die afgestrowende toe sing met “Prys den Heer..” Oom Johannes sit in met “Dummm”.
Die verwese groepie in pikswart geklee en roubande op hul linkermoue trek stadig en moeisaam deur verse 1 en 2.
Toe alles klaar was toe sê die Oom:“Was dit nou nie aandoenlik nie Broers en Susters? Kom ons sing sommer verse 3 en 4 ook...wat stront!!"
No comments:
Post a Comment