Total Pageviews

Friday, October 7, 2011

Noodplan

 ('n 500 woord losmaker met sekere beginsels toegepas. Die benadering met die storie is om ding in die lug te laat hang in 'n Wetenskap Fiksie styl. Die kursus is van Skryfgeheime )

NOODPLAN 

Dit moes net gedoen word, daar was geen omdraai kans meer vir haar en hom nie.. “Is jy reg om te gaan?,” vra Pieter. “Ons mag nie ‘n minuut vandag verloor nie.” 
Sy is bang, baie bang vir wat voorlê, maar sy weet net dis nou of nooit. “Kom Pieter,” sê Linda. “ek vertrou jou.”
Hy neem haar hand en versigtig klim hulle in die kabelkar. Voor hulle is die berg, hoog, baie hoog met wolke wat dik bo saampak. Bietjie sneeu steek uit, maar meestal bedek deur die wolke.
Die kabelkar kom knarsend in beweging nadat Pieter die hefboom afgedruk het. Daar is geroeste bedrading en ‘n olie bemorsde vloer onder hulle. Stadig styg hulle teen die berg uit. Die rotse soms gevaarlik naby. Die bome is grys en vaal en daar is geen gras meer nie. Die vernietiging van wat gebeur het is oral te erg om na te kyk. Trane in Linda se oë, sy het geweet dat dit baie erg sou wees, maar nie so erg nie.
“Hou tog die kissie styf vas Linda, “ se Pieter. “Dit is ons heel laaste hoop, anders is alles verby.”
Die kabel kreun en protesteer maar die kar roer steeds. Pieter wil nie vir Linda vertel nie, maar hy weet dat as dit nou gaan staan, sal hulle vannag nie die ysige weer sal oorleef nie. Hy het baie dinge nie vir haar vertel nie, die slegte dinge wat gebeur het, die vernietiging van ons land, alles nou dood en vergaan, net hulle twee wat weet wat gebeur het, net hulle twee wat kan keer dat iets gaan oorbly en daar ‘n nuwe begin kan wees.
“Hoekom is dit dan nou so donker?,” vra Linda.
“Dit is die wolke,” antwoord Pieter. “Ons sal net nou niks meer kan sien nie, maar as ons bo kom sal dit reg wees, daar sal lig wees.” 
Die ou kabelkar beweeg met rukke verder en begin spoed verloor. “Ek is bang,” snik Linda. 
Pieter sit sy arms om haar. “Moenie bang wees nie, ek is net hier by jou,” sê hy terwyl hy homself nie glo nie.
Die kar gee ‘n ruk, Linda gil hard toe die onderkant die rots tref. Die kabel breek  en die kabelkar val en gaan lê skeef op die rotse. “Het jy seergekry?,”  vra Pieter.
“Nee, ek is reg,” antwoord sy.
“Kom ons klim uit en gaan dadelik na die grot,” sê Pieter.
Hy hou haar hand styf vas en in die skemerdonker struikel hulle tot by die bek van die grot. “Wees versigtig..hulle mag nie weet ons is hier nie,” sê Pieter, en hulle kruip op hulle tone die grot in. Linda is so bang, sy hoor haar eie hart klop.
Daar..reg voor hulle sit die derduiwel, die een wat alles kom breek het, sodat niks ooit meer dieselfde sal wees nie. “Jou gemene vark!” skreeu Pieter en storm op dit af. Sy harige pote steek uit na Pieter, hy gryp hom en Pieter begin doodsbenoud roggel.
‘n Vreemde kalmte kom oor Linda, sy onthou van die kissie, sy maak dit oop, druk die knoppie..die monster spat bebloed in duisende stukkies...

1 comment:

  1. mmm ja noodplan..moet gemaak word..daar is hoop.

    ReplyDelete